Liefde Reeks! Gemeenskap Blad!

Hoe werk Die Liefde Reeks Gemeenskapsblad?

Liefde word so dikwels beskou as net ‘n gevoel. Ek is lief vir my ma, ek is lief vir my maatjie/kat/sjokolade.

Maar Liefde is soveel meer. Liefde is ‘n persoon. God is Liefde.

“Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.” Johannes 4:8

God het vir ons kom leer wat ware liefde is deur Sy Seun te stuur as ‘n voorbeeld vir ons.

Ons sien hoe om lief te hê deur na die lewe en stories van Jesus te luister.

In die reeks:

– Weekliks Ouergids.

– Weeklikse Potgooi om saam met jul kinders te luister.

Hierdie reeks is gemik daarop om ‘n paar basiese beginsels van hierdie groot waarheid te ontdek.

Ons begeerte is dat elkeen, leiers, ouers en kinders, deur hierdie reeks sal leer, hoe om in liefde te lewe.

Nota: Les 4-7 gaan saam met die “LIEFDE REEKS” van Doxa Deo. Daar word ook ‘n Bybel lees program op YOU VERSION aangebied.

Talk to Us